Middelstevlei Gastehuis

Vrywaring ooreenkoms: Voorwaardes van Verblyf

Alhoewel ons die bes moontlike voorsorg getref is deur Middelstevlei Gastehuis/Eienaar/Bestuur en Personeel, om die veiligheid van ons gaste en hul besittings tydens hul verblyf te verseker, aanvaar Middelstevlei Gastehuis en die eienaar of enige van die werknemers en/of enige ander party aangestel of gekontrakteer deur die eienaar van die gastehuis ten opsigte van aktiwiteite en/of instandhouding en/of besigheid van die gastehuis geen aanspreeklikheid in die geval van verlies of skade aan persone of eiendom van n gas en/of hul besoekers nie.

Eerstehulp is beskikbaar by die Hoofhuis.

Alle belangrike kontaknommers is op n lys agter die kombuisdeur.

Waardevolle artikels
Middelstevlei Gastehuis aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies of skade aan enige waardevolle artikels of eiendom wat aan gaste of hul besoekers behoort nie.

Verlies aan skade
Sou Middelstevlei Gastehuis enige verlies of skade ly as gevolg van nalatigheid of weerhouding van inligting deur n gas of besoeker, sal die gas/te aanspreeklik gehou word vir die volle terugbetaling van so n verlies of skade veroorsaak en sal daar n rekening gegee word vir welke skade of verlies ookal.

Reg van Toegang voorbehou
Middelstevlei Gastehuis, behou te alle tye die volle Reg van Toegang en aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies of skade wat mag uitvloei ten opsigte van enige wettige en redelike uitvoering van sulke regte.

Septiese Tenks
Let asseblief op dat ons gebruik maak van septiese tenks en geen sanitere doekies of vreemde voorwerpe moet in die toilet afgespoel word nie.

Diere
Moet asseblief nie enige diere wat u teekom, voer nie!

Wees asseblief versigtig wanneer u in die veld beweeg, want daar kan goggas, skerpioene, slange ens, wees wat gevaar kan inhou vir u en u gevolg.

Dit is n waterbesparings omgewing.

Spoedgrens is 30km per uur op hierdie eiendom.

MOET ASB NIE MORS NIE.

FAUNA EN FLAURA en enige dele daarvan MAG NIE VERWYDER WORD NIE.

BEVESTIGING
Ek/ons bevestig dat ons hierdie vrywaring vrywilliglik en sonder dwang onderteken.
Ek/ons bevestig dat ons tevrede is met die reëlings en fasiliteite wat beskikbaar gestel is vir enige aktiwiteite.

Reëls en ander inligting vir Middelstevlei Gastehuis
(insluitend alle entiteite)

Akkommodasie van eiendom: Middelstevlei Gastehuis, Moordenaars Karoo, Laingsburg.

1. Die Verblyf is vir die vasgestelde tydperk van vasgestelde dae soos ooreengekom met die bespreking.

2. Aankoms tyd: 14:00 en vertrektyd: 10:00

3. Akkommodasie fooie:
R180 per persoon per nag, indien verblyf langer as een nag is.
Aangesien akkommodasie slegs vir 8 persones per nag geld, sal addisionele persone R140.00 elk per nag ekstra betaal.

4. Deposito van 50% ten opsigte van die volle bedrag verskuldig, sal vereffen word by ontvangs van die faktuur. Die balans van die volle uitstaande bedrag sal voor of op aankoms, met ontvangs van sleutel, betaal word. Bewys van betaling word verlang.

5. In geval van n kansellasie, word ́n kansellasie fooi van 10% van die deposito teruggehou. Indien bogenoemde akkommoddasie deur ‘n ander persoon/persone gevul kan word teen dieselfde tarief, sal die balans van die deposito ten volle terugbetaal word; of in geval van dood – waarop n afskrif van die dood Sertifikaat voorsien word, sal die volle bedrag terubetaal word.

Enige verkorte verblyf sal teen 100% fooi gehef word.

6. Addisionele sleutel- en breekskade deposito van R300 word verhaal.

Enige addisionele skade aan die eindom/brekasie kostes sal van die gas(te) verhaal word en die R300 fooi word ook verbeur. Indien daar geen breekskade of beskadiging van eiendom is nie, sal die volle bedrag van R300 binne 7 dae na vertrek terugbetaal word – indien alles in orde is na inspeksie van die eiendom. Fooie is onderhewig aan verhoging ten enige tyd.

7. Gebruik van fasiliteite, insluitende die swemdam, ens. Is op EIE RISIKO.

8. Honde word slegs toegelaat met reeling en toestemming vooraf verleen met die Eienaar van Middelstevlei Gastehuis. 
LET ASB OP GEEN HONDE MAG OP BEDDENS OF BEDDEGOED SLAAP NIE.
Enige skade aan beddegoed of beddens deur honde veroorsaak sal ten volle verhaal word.

Vind ons Privaaheidsbeleid hier