Pryse & Verblyf
Selfsorg Verblyf Kostes
Die selfsorg huis kan 6 mense gerieflik akkommodeer, maar kan tot 8 mense slaap.
- Slegs 1 nag: R280 p/p per nag
- Langer as 1 nag: 2 tot 8 persone R230 p/p per nag
- Meer as 8 mense is dit R160 p/p per nag ekstra
- 50% deposito betaalbaar met bespreking
Addisionele Kostes
- Skoonmaak fooi R300
- ‘n Breekskade deposito van R300
- Honde R100 per hond per nag. Vooraf reëling noodsaaklik.
- Ys (2kg) word voorsien
- Hout vir die eerste aand word voorsien
- Koffie, tee, suiker, 1 boksie melk, beskuit vir die eerste oggend en 'n varsgebakte brood word verskaf met aankoms.
- Ekstra brood, roosterkoek en slaaie kan bybestel word. Pryse op aanvraag.
- Ekstra Ys R20 /sak
- Ekstra Hout R50 /sak
Die Huis & Kamers
- 3 Slaapkamers:
- Kamer 1: Dubbelbed
- Kamer 2: 2 x Enkelbeddens
- Kamer 3: 2 x Enkelbeddens
Daar is ‘n Sleeper couch en dagbed in groot leefarea vir ekstra slaapplek.
Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.
1 Badkamer met bad en stort.
Ten volle toegeruste selfsorg kombuis.
Die huis is toegerus met ‘n gas-geyser, gas-yskas, gas-stoof en sonkrag vir ligte.
Geen TV.
Geen selfoon opvangs.
Naaste Wifi 3km; slegs vir noodgevalle.
Sien ons Reëls, Termes en Voorwaardes hier.
Varsgebakte brood, appelkooskonfyt en tuisgebakte beskuit wag op jou aankoms!